Tuesday, December 12, 2006

Die Sextupilere Saga

Ahoi en Welkom,

Hierdie is nou nie een van daai posts oor dinge en baie goeters wat nie sin maak nie. En ten spyte van die opskrif gaan dit ook nie oor seks nie.

Ek wed jou jy't nie geweet dis moontlik om twee stelle kontaklense te gelyk te dra nie ...
Wel, uhm - ja, dis wel moontlik.
Volgende keer wat ek julle dus sien spreek ek julle onder ses oe.
Keratikonis - basies kom dit daarop neer dat my oogbal die shape van 'n rugbybal en die tekstuur van 'n gholfbal het. Kinders, wees bly as julle binne minder as 'n uur by die oogkundige geholpe kan raak.
Ek sit nou al langer as 'n maand en 'n half en meer as 12 uur in die oogwhammie se kamer en knip oe, hurk voor masjiene en staar na hubare, jong Asiatiese verpleegsters in kraakwit uniforms. (party dra fishnet stockings ... rerig !)
Ek kan more by Groote Schuur instap en myself infake as 'n oogspesialis. Nie omdat dit maklik is nie, maar slegs omdat ek nou al so baie van die shit af weet.

Anyway, Alex Jay.

Hoekom ek nou eintlik myself weer voor die sleutelbord bevind is omdat ek weet ek nou een van jou onbeantwoorde vrae gaan beantwoord ... Daai dae toe jy nog boom geklim het en modderkoekies gebak het en gedink het haasbek is sexy.
Hoe gereeld gebeur dit ? Dat daar iets is wat jy soooooo graag wou geweet het en dat jy dit nou eers uitvind. Nee, nie eers jou Pa het geweet nie. (Tensy hy 'n semi-rigiede aardbol, 'n gradeboog, 'n los feitsspeek en baie liefde jeens jou gehad het ...)

Ja, ... gaan check dit uit by http://www.ubasics.com/dighole/

Gaan le daar nou nog 'n spook.

Verder het baie van julle seker ook al die Rooi Neger a.k.a "Boeboe", alias " Nog net so Uurtjie vir die Skaap, manne" or better known as "Die Bermudiese Banneling" se erg vermaaklike clip gesien ... indien nie gaan check dit uit by http://www.youtube.com/watch?v=OJp3-5pIxuM







Tuesday, December 5, 2006

Ore Uit

Ja, vir die afgelope drie dae dink ek die heel tyd niemand lees die ding nie. No comments.

Besluit toe maar dis tyd om weer te probeer om die foto standaardsize te maak en so waar ag wragtag - daar erens binne die tweede ontvangslokaal van blogger se derde maag le daar 8 aanmerkings. Blykbaar moet hulle eers goedgekeur word. So gemaak dan.

Vir my enigste vriend agter die Ystergordyn - ek's bly hulle verswak die pantser so bietjie, maar wees maar versigtig - dis 'n ou tegniek van Mao daai. Lok die slang uit sy leplek uit en verbrysel later sy kop. Hou dus maar daai Politburo infiltrasie plan vir jouself.
(Te laat pappie ! As jy hierdie lees het hulle filters lankal reeds "Politburo" en "infiltrasie" opgetel. Ek sal vir jou skoene en klere voor die winter stuur as ek Inner-Mongoolse posseels kan opspoor.)

Party mense wil weet wat ek in Taiwan doen.
Meestal droom ek van stilte.
Partykeer wens ek vir 1 minuut se ononderbreekte rus, maar meeste van my tyd spandeer ek daaraan om vir my baas te verduidelik hoekom dit 'n goeie idee sou wees as ons die natsak tegniek op Pietie en Klasie uitprobeer om te sien of dit nie dalk hulle klein oortjies sal oopmaak nie.
"Nee, Pietie - Klasie se oogbal is nie 'n potloodhouer nie en nee, Klasie - jy sal nie lekkers vind as jy beide jou vingers gelyktydig tot op kneukeldiepte in jou neusgate indruk nie."
Verder pak ek stuff in bokse en bespreek vliegtuigkaartjies.

Ander wil weet of dit nie onafwendbaar was nie. Miskien, daar is party dinge wat mens net eenvoudig weet gaan gebeur. Jy kan selfs in die donker, stil oomblikkies net voor jy insluimer jouself wysmaak dat dit nie so is nie, maar selfs dan weet jy.
Hierdie was egter nie een van hulle nie. Dit het net vanself gebeur een koue en besoedelde naweeksagtermiddag.

Ja, dis inderdaad wel 'n kitaar. Alle kitaarspelers is egter nie cool nie. Dis soos om te se dis altyd lekker om te mis. Patykeer is dit net nie. Om dit egter in perspektief te stel sal ek nou eers met 'n lang aanloop moet kom.

Sowat 'n halwe leeftyd gelede het ek en 'n vriend met ons bloedrooi po*skoets die strande en vakansieoorde van die Suid Kaap soos 'n langverwagte voetskimmel getref. Dis in elk geval hoe die meer senior en afgetrede locals ons aangekyk het. Tydens die avontuur het ek so af en toe na ons ons blikkie geblikte worsies in peanutbotter gedoop het en die son sy laaste salige strale oor ons knus gelukkige pense gegooi het my kitaar uitgeruk en so paar hale geslaan. Meestal omdat ek van kitaarspeel gehou het, maar ook omdat my nie-spelende vriend het my oortuig dat hy 'n wenplan vir 'n le vir die aand het.

Soos alle goeie planne was dit 'n eenvoudige plan. Ek lok die girls nader met my po*smagneet (soos hy dit gestel het) en sodra hulle binne trefafstand is sal sy goed geoliede tong die res doen. Bakgat, se ek en trek onmiddelik los met 'n paar ou Nirvana Unplugged covers (erg old school en cool op daai stadium nog). Man en dis nie 5 ure later nie en die po*smagneet begin sy werk te doen.
Hier kom sit Berhardolnimus van Nevennael van die Stranddiens en begin geselsies aanknoop. Kitaar speel geselsies. Kan ek hom nie dalk help om so paar "gewilde" liedjies te speel nie. Hulle wil so bietjie hulle repertoire uitbrei en selfs 'n hand uitreik na die ver verlore siele.
Se ek toe "Ja," vir my vriend - "hier het hierdie kitaar nou wel 'n po*s aangetrek". Sederdien het ek ook opgehou om covers te speel.

(Net ter verdere kwalifikasie - ek het niks teen gelowige mense nie. Ek dink dis 'n goeie gewoonte en het baie voordele en as jy nie eng daaraan vasklou nie dat dit jou wel 'n beter mens maak. Ek het egter nie tyd vir die kerk nie.)

Dis dan nou eers genoeg vir nou - ek kan my swot boeke hoor roep en hierdie is nie 'n roep wat onbeantwoord sal gaan nie. Later dan.

Saturday, December 2, 2006

Bamboes en Bambiel

Ahoi en welkom,

So betree ek dan ook die wereld van littere masturbasie.

In die woorde van 'n eertydse held - "ek kan 'n duisend stories eindig, maar ek weet nooit hoe om een te begin nie."

Dis iets wat homself nie sommer daartoe uitleen om vanself te gebeur nie - inteendeel - mens moet daaraan werk om die leser weg te lei van sy tot op hedige werklikheid sonder dat hy agterkom dat daar 'n verwisseling van die ewige met die tydelike was.

Ek sal dit dus nie aanpak nie en liefs met die deur in die huis val sonder om allerhande verskonings te maak of lang onnodige sinne neer te pen wat aan die einde van die dag glad nie bydra tot die uitbou van die storielyn nie. Daagliks word daar reeds genoeg oor niks geskryf om mens die heeldag besig te kan hou om oor niks te lees nie.
Tog sou party mense dit wel as marginaal interessant beskou om oor niks te praat nie. Party het al heelwat tyd daaraan gespandeer om oor niks te praat nie.
Dit wel selfs vir my voorkom asof mens die argument sou kon aanvoer dat daar per definisie nie iets soos "niks" kan bestaan nie. Sodra jy die feit dat daar iets ontbreek of nie bestaan nie as "niks" sou klassifiseer beteken dit dat dit sopas wel iets geword het. Die vraag is dus of mens rerig oor niks kan praat nie ?

So van kakpraat gepraat ... Ek is uiteindelik genoegsaam geinspireer deur 'n erg vernuftige en delikate stukkie sleutelwerk deur 'n oud-kollega van my aangaande die ooreenkoms tussen 'n goeie maal en 'n goeie stoelgang dat ek die nodige stappe neem om lewe in my eie blog te blaas.
Wel, dit was dit en dan ook meerendeels die boek wat ek nou oor Mao Zedong lees. Ek is nou by 'n deel waar die Rooi Weermag hulself wysgemaak het dat daar 'n fiktiewe ordergrondse beweging in hulle geledere opereer en dat die met wortel en tand uitgeroei moet word.
By gebrek aan klinkklare bewyse word daar deurentyds van die tydbeproefde en hoogs effektiewe "belei nou en ons sal jou nie (te veel) martel nie" tegniek gebruik gemaak. (As jy sover kan gaan om van jou makkers as mede-aandaniges te impliseer is dit natuurlik soveel te beter en sal hulle 'n skerper mes gebruik om keel mee af te sny).

Nou ja, dis een van daai posies waarin jy jouself rerig net eenvoudig nie wil bevind nie. Al die exits is gecover en hulle gaan nou die lang,swart harige een met die spykers uithaal en jou oor 'n pilatus bal oopspalk. (metafories gesproke nou, maar indien jy die luukse van 'n keuse sou gehad het sou jy selfs vir Abel geblaas het om oor 'n bal oopgespalk te kon word).

Daar is net eenvoudig geen uitweg nie - daar is niks om oor te belei nie en die enigste kans op 'n vinnige dood is om ander onskuldiges saam met jou af te trek.
Ek haal dan gou aan "If that had no effect, next came torture by slow burning incense or the flame of a kerosene lamp. The worst method was to nail a person's palms to a table and then to insert bamboo splints under the fingernails. All the AB-tuan cases were uncovered on the basis of confessions. Torture only ceased after confession."

Dis nog so semi aan die begin van die boek - lank voor hulle begin het met die Cultural Revolution. Ek wag in opgewekte spanning om die res te lees. Ek weet nie hoekom dit partykeer lekker is om oor sulke goed te lees nie. Ek bedoel nou natuurlik nie dat ek dit goedpraat of volgende week my eie klub gaan stig of so nie. Ek dink dit val min of meer in dieselfde kategorie van lekker kry as soos in die vervloe dae wanneer jy na 'n twee weke periode van uiterste beproewing en onthouding 'n ploffende kraak in die badkamer spieel maak soos jy 'n welgeskape, polsende rugzit baar.
Nog bietjie vla oor jou jelly ? Ek het nooit kans gesien vir die kors op die vla nie. Ek kon net eenvoudig nie vla eet sonder om daaraan te dink nie.Nee.

Dit bring my dan weer terug en sluit aan by my oorspronklike punt - "niks" - in die sin dat dit niks in gemeen daarmee het nie. Niks is so 'n diverse en nuttige ding dat dit my al hoe meer laat dink dat daar nie nie 'n ding soos niks kan wees nie. Dit lei my dan ook om te vra of daar wel iets soos "iets" ( "iets" in die sin daarvan dat dit nie na iets spesifieks nie, maar wel slegs na iets algemeen, maar onbekend verwys) kan wees. Sodra jy "iets" se verwys dit na 'n spesifieke onbekende algemeen. Whatever.

Dis dan nou eers genoeg vir vandag. Hopelik het ek volgende keer iets om oor te skryf. As ek egter aan niks kan dink nie sal julle maar moet mag want mens kan nie oor niks skryf nie.