Saturday, December 2, 2006

Bamboes en Bambiel

Ahoi en welkom,

So betree ek dan ook die wereld van littere masturbasie.

In die woorde van 'n eertydse held - "ek kan 'n duisend stories eindig, maar ek weet nooit hoe om een te begin nie."

Dis iets wat homself nie sommer daartoe uitleen om vanself te gebeur nie - inteendeel - mens moet daaraan werk om die leser weg te lei van sy tot op hedige werklikheid sonder dat hy agterkom dat daar 'n verwisseling van die ewige met die tydelike was.

Ek sal dit dus nie aanpak nie en liefs met die deur in die huis val sonder om allerhande verskonings te maak of lang onnodige sinne neer te pen wat aan die einde van die dag glad nie bydra tot die uitbou van die storielyn nie. Daagliks word daar reeds genoeg oor niks geskryf om mens die heeldag besig te kan hou om oor niks te lees nie.
Tog sou party mense dit wel as marginaal interessant beskou om oor niks te praat nie. Party het al heelwat tyd daaraan gespandeer om oor niks te praat nie.
Dit wel selfs vir my voorkom asof mens die argument sou kon aanvoer dat daar per definisie nie iets soos "niks" kan bestaan nie. Sodra jy die feit dat daar iets ontbreek of nie bestaan nie as "niks" sou klassifiseer beteken dit dat dit sopas wel iets geword het. Die vraag is dus of mens rerig oor niks kan praat nie ?

So van kakpraat gepraat ... Ek is uiteindelik genoegsaam geinspireer deur 'n erg vernuftige en delikate stukkie sleutelwerk deur 'n oud-kollega van my aangaande die ooreenkoms tussen 'n goeie maal en 'n goeie stoelgang dat ek die nodige stappe neem om lewe in my eie blog te blaas.
Wel, dit was dit en dan ook meerendeels die boek wat ek nou oor Mao Zedong lees. Ek is nou by 'n deel waar die Rooi Weermag hulself wysgemaak het dat daar 'n fiktiewe ordergrondse beweging in hulle geledere opereer en dat die met wortel en tand uitgeroei moet word.
By gebrek aan klinkklare bewyse word daar deurentyds van die tydbeproefde en hoogs effektiewe "belei nou en ons sal jou nie (te veel) martel nie" tegniek gebruik gemaak. (As jy sover kan gaan om van jou makkers as mede-aandaniges te impliseer is dit natuurlik soveel te beter en sal hulle 'n skerper mes gebruik om keel mee af te sny).

Nou ja, dis een van daai posies waarin jy jouself rerig net eenvoudig nie wil bevind nie. Al die exits is gecover en hulle gaan nou die lang,swart harige een met die spykers uithaal en jou oor 'n pilatus bal oopspalk. (metafories gesproke nou, maar indien jy die luukse van 'n keuse sou gehad het sou jy selfs vir Abel geblaas het om oor 'n bal oopgespalk te kon word).

Daar is net eenvoudig geen uitweg nie - daar is niks om oor te belei nie en die enigste kans op 'n vinnige dood is om ander onskuldiges saam met jou af te trek.
Ek haal dan gou aan "If that had no effect, next came torture by slow burning incense or the flame of a kerosene lamp. The worst method was to nail a person's palms to a table and then to insert bamboo splints under the fingernails. All the AB-tuan cases were uncovered on the basis of confessions. Torture only ceased after confession."

Dis nog so semi aan die begin van die boek - lank voor hulle begin het met die Cultural Revolution. Ek wag in opgewekte spanning om die res te lees. Ek weet nie hoekom dit partykeer lekker is om oor sulke goed te lees nie. Ek bedoel nou natuurlik nie dat ek dit goedpraat of volgende week my eie klub gaan stig of so nie. Ek dink dit val min of meer in dieselfde kategorie van lekker kry as soos in die vervloe dae wanneer jy na 'n twee weke periode van uiterste beproewing en onthouding 'n ploffende kraak in die badkamer spieel maak soos jy 'n welgeskape, polsende rugzit baar.
Nog bietjie vla oor jou jelly ? Ek het nooit kans gesien vir die kors op die vla nie. Ek kon net eenvoudig nie vla eet sonder om daaraan te dink nie.Nee.

Dit bring my dan weer terug en sluit aan by my oorspronklike punt - "niks" - in die sin dat dit niks in gemeen daarmee het nie. Niks is so 'n diverse en nuttige ding dat dit my al hoe meer laat dink dat daar nie nie 'n ding soos niks kan wees nie. Dit lei my dan ook om te vra of daar wel iets soos "iets" ( "iets" in die sin daarvan dat dit nie na iets spesifieks nie, maar wel slegs na iets algemeen, maar onbekend verwys) kan wees. Sodra jy "iets" se verwys dit na 'n spesifieke onbekende algemeen. Whatever.

Dis dan nou eers genoeg vir vandag. Hopelik het ek volgende keer iets om oor te skryf. As ek egter aan niks kan dink nie sal julle maar moet mag want mens kan nie oor niks skryf nie.

11 comments:

Anonymous said...

Minter, ek is vervreug om te besef dat hierdie die eerste blogspot site is wat ek sien vandat ek in die Mainland is. Die internet-nanny het laasweek besluit dat blogspot nie meer 'n bedreiging vir die Party is nie, en so is jou site laasweek uiteindelik ontblok. Sela. Weet jy van enige ander dire se blogspot blog's?

Lammervanger said...

En die begin stel nie teleur nie...Soos jy weet waardeer ek altyd 'n ligte proe-proe aan beproefde marteltegnieke soos tandestokkies onder toonnaels ens. Welkom aanboord.

Pienk Zuit said...

Minter, welkom tot die blogosfeer.

Ai, die Abel metafoor sal darem altyd die punt kragtig tuisbring.

Anonymous said...

Sal dit nou wees waarna mens verwys as n classic brain fart, aldus met n touch of nothingness?

Anonymous said...

flous daai foto my, of speel jy kitaar? kitaarspelers is co0000ol mense ;)

Margie said...

Sjoe!

Wel, welkom!

Vertel ons seblief bietjie meer van jouself... Soos wat jy in Taiwan maak.

dorothy said...

welcome - it had to happen sooner or later eh?

Pienk Zuit said...
This comment has been removed by the author.
Pienk Zuit said...

Dirk die Dadel se stem weerklink van agter die ystergordyn! Daddy, kom lees bietjie my blog ook. http://pinekzuit.blogspot.com

Minter said...

Die Rooi Neger !!

So waar as wragtag. Goed om van jou te hoor.
Laat weet dan maar die een of ander tyd hoe dit met jou planne vir alhele eiland dominasie gaan.

Anonymous said...

Jis Negers...

Praat van eiland dominasie...jy spot nog!!!

Ek reken dat Bermuda dalk die maklikste land ter wereld is om regmatiglik 'n nasionale verkiesing te wen...

Siende dat daar net 65,000 mense hier woon, en net 42,000 van hulle kan stem, sal 'n stemtal van 21,001 dus aan jou 'n meerderheid besorg...

Scheme ek moet net meer locals na my braai toe nooi...dan is ek dalk Premier in 2007...

Rooi Neger