Tuesday, December 5, 2006

Ore Uit

Ja, vir die afgelope drie dae dink ek die heel tyd niemand lees die ding nie. No comments.

Besluit toe maar dis tyd om weer te probeer om die foto standaardsize te maak en so waar ag wragtag - daar erens binne die tweede ontvangslokaal van blogger se derde maag le daar 8 aanmerkings. Blykbaar moet hulle eers goedgekeur word. So gemaak dan.

Vir my enigste vriend agter die Ystergordyn - ek's bly hulle verswak die pantser so bietjie, maar wees maar versigtig - dis 'n ou tegniek van Mao daai. Lok die slang uit sy leplek uit en verbrysel later sy kop. Hou dus maar daai Politburo infiltrasie plan vir jouself.
(Te laat pappie ! As jy hierdie lees het hulle filters lankal reeds "Politburo" en "infiltrasie" opgetel. Ek sal vir jou skoene en klere voor die winter stuur as ek Inner-Mongoolse posseels kan opspoor.)

Party mense wil weet wat ek in Taiwan doen.
Meestal droom ek van stilte.
Partykeer wens ek vir 1 minuut se ononderbreekte rus, maar meeste van my tyd spandeer ek daaraan om vir my baas te verduidelik hoekom dit 'n goeie idee sou wees as ons die natsak tegniek op Pietie en Klasie uitprobeer om te sien of dit nie dalk hulle klein oortjies sal oopmaak nie.
"Nee, Pietie - Klasie se oogbal is nie 'n potloodhouer nie en nee, Klasie - jy sal nie lekkers vind as jy beide jou vingers gelyktydig tot op kneukeldiepte in jou neusgate indruk nie."
Verder pak ek stuff in bokse en bespreek vliegtuigkaartjies.

Ander wil weet of dit nie onafwendbaar was nie. Miskien, daar is party dinge wat mens net eenvoudig weet gaan gebeur. Jy kan selfs in die donker, stil oomblikkies net voor jy insluimer jouself wysmaak dat dit nie so is nie, maar selfs dan weet jy.
Hierdie was egter nie een van hulle nie. Dit het net vanself gebeur een koue en besoedelde naweeksagtermiddag.

Ja, dis inderdaad wel 'n kitaar. Alle kitaarspelers is egter nie cool nie. Dis soos om te se dis altyd lekker om te mis. Patykeer is dit net nie. Om dit egter in perspektief te stel sal ek nou eers met 'n lang aanloop moet kom.

Sowat 'n halwe leeftyd gelede het ek en 'n vriend met ons bloedrooi po*skoets die strande en vakansieoorde van die Suid Kaap soos 'n langverwagte voetskimmel getref. Dis in elk geval hoe die meer senior en afgetrede locals ons aangekyk het. Tydens die avontuur het ek so af en toe na ons ons blikkie geblikte worsies in peanutbotter gedoop het en die son sy laaste salige strale oor ons knus gelukkige pense gegooi het my kitaar uitgeruk en so paar hale geslaan. Meestal omdat ek van kitaarspeel gehou het, maar ook omdat my nie-spelende vriend het my oortuig dat hy 'n wenplan vir 'n le vir die aand het.

Soos alle goeie planne was dit 'n eenvoudige plan. Ek lok die girls nader met my po*smagneet (soos hy dit gestel het) en sodra hulle binne trefafstand is sal sy goed geoliede tong die res doen. Bakgat, se ek en trek onmiddelik los met 'n paar ou Nirvana Unplugged covers (erg old school en cool op daai stadium nog). Man en dis nie 5 ure later nie en die po*smagneet begin sy werk te doen.
Hier kom sit Berhardolnimus van Nevennael van die Stranddiens en begin geselsies aanknoop. Kitaar speel geselsies. Kan ek hom nie dalk help om so paar "gewilde" liedjies te speel nie. Hulle wil so bietjie hulle repertoire uitbrei en selfs 'n hand uitreik na die ver verlore siele.
Se ek toe "Ja," vir my vriend - "hier het hierdie kitaar nou wel 'n po*s aangetrek". Sederdien het ek ook opgehou om covers te speel.

(Net ter verdere kwalifikasie - ek het niks teen gelowige mense nie. Ek dink dis 'n goeie gewoonte en het baie voordele en as jy nie eng daaraan vasklou nie dat dit jou wel 'n beter mens maak. Ek het egter nie tyd vir die kerk nie.)

Dis dan nou eers genoeg vir nou - ek kan my swot boeke hoor roep en hierdie is nie 'n roep wat onbeantwoord sal gaan nie. Later dan.

7 comments:

Pienk Zuit said...

Minter, wanneer land jy in SA? Jy't seker al 'n vol program, maar jy kan darem seker tyd inruim vir 'n braai in Somerset-Wes?

Minter said...

Tentatief so hier om en by die 25ste Jan. 'n Braai klink na 'n peile idee.

(Ek moet egter eers gaan kopstamp met die verkeerspolieste oor my liksens wat ek nou al so goeie paar jaar terug moes hernu het ... Ek was egter nie in die land nie. Hopelik sal dit as voldoende verweer kan geld - anders is daar moontlike probleme aangesien my ID boekie al heelwat meer jare weg is en ons weet almal hoe lank dit vat om ID boeke te kry. Miskien sal 'n paar bloues en my ou liksens egter ook die ding doen. Hierdie ding knyp egter so nou en dan aan my hol ...)

Wat ek dus se is dat sodra ek wettiglik mag bestuur ek myself graag in 'n braai situasie sien.

Chairman Dirk gaan ook 'n draai kom gooi so middel van Feb. as die Party hom vrylaat.

Minter said...

Piele, piele ... ok !!

Do Kwang said...

Is die vriend oor wie jy skryf die besturende direkteur van Hungry Lion?

Minter said...

Nie nou al nie, maar soos dinge deesdae gaan sal hy binnekrot al Hungry Lion se hoenders vanaf China laat invoer.
Dis inderdaad wel die nimlike Arabiese Nagadder, Die Dadel van Damaskus, Die Een en Enkele Dirk Kotze.

Pienk Zuit said...

Nou maar dan maak ons so.

Het jy 'n Taiwanese lisensie? Jy kan 'n oorsese lisensie inruil vir 'n SA een, as jy een het. As jy nie een het nie, vra vir Daddy om vir jou 'n Bangladeshi een te organize. En jou paspoort is net so goed soos 'n ID.

Minter said...

Net 'n bike lisensie, maar sal definitief daai Bangladeshi opsie verder ondersoek.